THE SOUTH AFRICAN
DEPRESSION AND ANXIETY
GROUP

facebooktwitter

IN THE WORKPLACE

New Research on Depression in the Workplace.

For more information please click here

business

SADAG NEWSLETTER

To subscribe to SADAG's newsletter, click here

JOURNAL

Mental Health Matters Journal for Psychiatrists & GP's

MHM September 207x300

Click here for more info on articles & how to subscribe

SPEAKING BOOKS

suicide book

Literacy is a luxury that many of us take for granted.  We depend on written communication for information, guidance, and access to heath care information That is why SADAG created SPEAKING BOOKS and revolutionized the way information is delivered to low literacy communities. It's exactly what it sounds like.a book that talks to the reader in his or her local  language, delivering critical information in an interactive, and educational way.

The customizable 16-page book, accompanied by local celebrity audio recordings, ensures that vital health and social messages can be seen, heard, read and understood..

We started with books on Teen Suicide prevention , HIV, AIDS and Depression, Understanding Mental Health and have developed over 30 titles, such as TB, Malaria, Polio, Vaccines for over 30 countries.

depression book

Om die groter weergawe te sien - kliek hier

paniek1

paniek2

XX k het gedink ek is besig om dood te gaan," vertel Sarita* (32). "Ek was vas oortuig ek kry 'n hartaanval. Op pad huis toe ná 'n slegte dag by die kantoor het die hartkloppings begin en ek het onaardig duiselig begin voel. Ek het gelukkig by die huis uitgekom, maar daar het dinge nie verbeter nie. Ek het begin hiperventileer en my hele lyf het getintel. My vriendin het my hospitaal toe geneem, waar hulle allerhande toetse op my gedoen het. Die dokters het my verseker dat ek fisiek gesond is, maar 'n angsaanval het en hulle het my na 'n spesialis verwys." Dr Lori Eddy is 'n beradingsielkundige verbonde aan die Sandton Wellness Centre. Volgens dr Lori is 'n paniek- of angsaanval 'n tydperk van intense vrees of ongemak wat sonder waarskuwing kan voorkom en met onaangename fisiologiese simptome soos hartkloppings, sweet, rukkings, kortasemheid, nearheld, duiseligheid, koue rulings of warm gloede en gevoelloosheid of tintelsensasies gepaardgaan. Vrese soos die kan jou laat voel of jy beheer verloor, 'n hartaanval kry, doodgaan of asof jy buite jou liggaam op jouself afkyk. 'n Paniekaanval duur normaalweg tussen 5 en 20 minute en lyers voel gewoonlik 'n sterk behoefte om daaruit te ontsnap, se dr Lori. Volgens Tamara Zanella, 'n beradingsielkundige wat in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika geregistreer is, is dit belangrik om tussen angsversteurings en angsaanvalle te onderskei. Tamara verduidelik dat angsaanvalle in baie gevalle eenmalig voorkom. 'n Eerste aanval kom dikwels in die laat adolessensie of vroee volwassenheid voor en is 'n skielike gevoel van oorweldigende angs. 'n Eenmalige aanval behoort geen rede tot kommer te wees nie. As herhaaldelike aanvalle nie behandel word nie, kan dit tot angsversteuring en ander probleme soos dwelmmisbruik, selfmedikasie, vermyding en ernstige depressie lei, se sy. "n Paniekaan val is die liggaam se veg-of-vlug-reaksie wat in die afwesigheid van 'n werklike bedreiging geaktiveer word en is een van die simptome van stres wat oor 'n lang tyd opbou. Dit is 'n 'Niels' alarm, maar die simptome voel baie werklik en kan vreesaanjaend wees," se dr Lori. Nie almal wat 'n eerste aanval kry, gaan angsversteuring ontwikkel nie, verduidelik dr Lori. Die versteuring kan gediagnoseer word wanneer 'n persoon herhalende onverwagse angsaanvalle begin kry en ook voortdurend bekommerd is dat hulle weer aanvalle gaan kry. Dr Lori noem dat daar gewoonlik veranderinge in gedrag is wat met die aanvalle geassosieer word. lemand met 'n aanval kan byvoorbeeld daarop aandring om noodgevalle toe te gaan om gerusgestel te word dat dit nie 'n hartaanval is nie. Ander lyers vermy situasies wat angsaanvalle kan meebring, soos om tussen skares te wees of om op die hoofweg te bestuur. "Angsversteuring kom twee maal meer onder vroue as mans voor en die gemiddelde aanvangsouderdom daarvan is 24 jaar," se Tamara. Volgens dr Lori vind angsaanvalle plaas wanneer die liggaam se normale alarm of vreesreaksie oorsensitief word en maklik gestimuleer word. Sy verduidelik dat 'n persoon wat onder stres verkeer, se angsvlakke progressief kan vermeerder totdat dit 'n keerpunt bereik. "n Angsaanval kan deur spesifieke stressors geaktiveer word, soos 'n sperdatum by die werk of faktore soos uitputting, ooreising, hormonale verandering, honger, kafeIen of alkohol. Wanneer 'n persoon dan begin om verdere aanvalle te vrees en normale liggaamsimptome verkeerdelik as bedreigend te interpreteer, begin 'n bose kringloop wat tot 'n angsversteuring kan lei," verduidelik dr Lori. "Did versteuring het dus 'n sterk fisiologiese komponent en 'n stel denkpatrone wat die versteuring in stand hou." Shutterstock/ Elite Photo Agency Ar Deur ANSJA FERREIRA DIE OORSAAK Pa th i k! 'n Mens hoor deesdae gereeld van mense wat angsaanvalle kry. Hoewel dit soos 'n dreigende hartaanval kan voel, is dit volkome behandelbaar, sê kenners welstand WIE IS VATBAAR VIR Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angs-steungroep (Sadag) toon 'n Suid-Afrikaanse stres- en gesondheidstudie dat 1,2% van ons bevolking lewenslank aan paniekversteuring ly en 0,8% van alle Suid-Afrikaners vir 'n tydperk van 12 maande daaraan sally. Genetiese faktore soos 'n familiegeskiedenis van angsaanvalle en angsversteurings, sowel as omgewingsfaktore soos werkstres, verhoudingsprobleme of finansiele druk kan 'n persoon vir angsversteu ring vatbaar maak, se dr Lori. Volgens Tamara gebeur dit ook dikwels dat kinders 'n angstige familielid se gedrag namaak wanneer hulle self angstig voel. "Vroed ervarings soos trauma kan 'n persoon sensitiewer vir angs maak en dit lyk of daar 'n verband tussen paniekaanvalle en groot lewensoorgange is, soos om klaar te studeer en te gaan werk, te trou en om 'n baba te kry," se Tamara. Sy noem verder dat erge stres soos die dood van 'n geliefde, 'n egskeiding of wanneer 'n persoon sy werk verloor, ook 'n sneller vir angsaanvalle kan wees. Angsaanvalle kan ook deur mediese toestande en ander fisieke oorsake veroorsaak word. Tamara beveel aan dat as jy enige panieksimptome ondervind, jy 'n dokter moet spreek om die volgende moontlike oorsake uit te skakel: Mitrale hartklepprolapse — 9n geringe hartprobleem wat voorkom wanneer een van die hartkleppe nie korrek sluit nie. Ooraktiewe skildklier. Lae bloedsuiker. Die gebruik van 9n stimulant (amfetamiene, kokaTen, kafeTen). Medikasie-onttrekking. SO WORD DIT BEHANDEL Volgens dr Lori is die beste behandeling kognitiewe gedragsterapie (KGT) — 'n aktiewe en omvattende terapie wat daarop fokus om uiterste of onbehulpsame en nievoordelige denkpatrone aan te pas. "KGT hg pasiente oor angs en paniek in en bemagtig hulle met strategiee om hul paniekaanvalle te bestuur," verduidelik dr Lori. "Kliente leer om hul denke te tlekatastrofeer wanneer hulle iets soos hartkloppings of duiseligheid voel en ook om minder sensitief ten opsigte van hul liggaamsensasies te wees. Die volgende stap is om die pasient geleidelik aan situasies bloot te stel wat hy of sy geleer het om te vermy. Die goeie nuus is dat paniekversteuring dikwels met sukses behandel word en dat kliniese navorsing bewys dat KGT dit doeltreffend help oorkom," se dr Lori. "Paniekversteuring is 'n aangeleerde vrees van interne sensasies wat ontstaan wanneer fisiologiese simptome verkeerd geInterpreteer word," se Tamara. "Hierdie gedrag kan afgeleer word. Dit is belangrik vir lyers om te weet dat die vermyding van die stressors wat paniekaanvalle aanbring net 'n tydelike oplossing is en op die duur die angs hou soos dit is. Mense met paniek het ook 'n vrees vir die Vreessiklus' en as gevolg hiervan veroorsaak hul vrees om 'n angsaanval te kry in werklikheid die angsaanval. Beheerde proewe het bewys dat KGT mense leer om op 'n ander manier te dink, op te tree en te reageer wanneer hulle angstig begin word. Dit help hulle om minder bang te voel," verduidelik Tamara. "KGT is 'n korttermynbehandeling en pasiente kan verwag om 'n terapeut vir tussen 12 en 20 sessies te sien, hoewel sommige pasiente minder of meer sal benodig." Tamara se dat medikasie vir angs en antidepressante ook voorgeskryf kan word. "Teen-angsmedikasie is kragtig en baie daarvan begin onmiddellik werk, terwyl ander langer neem. Sommige van hierdie medisynes kan newe-effekte soos naarheid, kopseer of slapeloosheid he. Ons sien die beste resultate wanneer 'n kombinasie van medikasie en KGT gebruik word. Wanneer 'n pasient vir minstens ses maande simptoomvry is, kan hulle in oorleg met hul dokters oorweeg om die medikasie te stop," verduidelik Tamara. DR LORI SE TOPWENKE OM AANVAL TE BESTUUR Herinner jouself daaraan dat die panieksimptome as gevolg van jou liggaam se normale veg-of-vlug-reaksie voorkom en dat dit 'n "vals alarm" is wat nie gevaarlik of skadelik is nie. Onthou die sensasies sal binnekort verdwyn — paniek is 'n tydelike ervaring. Fokus jou gedagtes op jou asemhaling. Neem 'n paar stadige, diep asemteue vanuit jou maag en herhaal die woord "kalm" of "ontspan" terwyl jy uitasem. Aanvaar die gevoelens en laat hulle kom en gaan sonder om die paniek te beveg. As jy daarteen skop, gaan dit net langer voortduur. Staan terug en kyk hoe die paniekaanval gebeur en tot 'n einde kom. Laat die spanning doelbewus uit jou spiere vry en laat jou liggaam ontspan. Wanneer jou angs begin verminder, lei jou aandag terug na dit waarmee jy voorheen besig was en probeer om dit stadig te hervat. AS JOU GELIEFDE AAN ANGSVERSTEURING LY Dit kan bale moeilik vir familielede en vriende van iemand met angsversteuring wees, se Tamara. Hulle kan gevoelens soos frustrasie en sosiale isolasie ervaar en oorlaai voel met die ekstra verantwoordelikheid om die persoon te probeer help, se sy. Tamara beveel aan dat familie en vriende die persoon aanmoedig om die hulp van 'n terapeut te verkry. "Dit kan ook help om so nou en dan 'n behandelingsessie of selfhelpsessie by te woon of die terapeut te kontak, sodat hulle kan leer hoe om dit beter te hanteer. Dit is belangrik om nie self paniekerig te raak wanneer die lyer paniekerig raak nie. Wees geduldig en aanvaardend en onthou die versteuring kan oorkom word," se Tamara. *Skuilnaam Kontak dr Lori by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of besoek www.sandtonwellnesscentre.co.za Kontak Tamara by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of besoek www.facilitate.co.za Besoek www.sadag.org Besoek www.vrouekeur.co.za om Tamara se raad vir paniek te lees M< Vrouekeur 8 Augustus 2014 25

Our Sponsors

Our Partners